Voltydse aflos – plaasbestuurder Opportunity
Die dienste word benodig van ʼn Plaasbestuurder om op ʼn permanente basis by die verskillende produksie-eenhede af te los. Die verantwoordelikhede en vereistes is as volg:
Die aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die plaas en verseker dat alle produksie-aktiwiteite winsgewend en doeltreffend bestuur word. Pligte sluit die volgende in:
-bestuur van personeel
-beplanning en toesighouding
-skakeling met diensverskaffers
-administrasie en rekordhouding
-rapportering aan Operasionele Bestuurder.
Ander ad hoc pligte en projekte sal van tyd tot tyd aan die posbekleër toegedeel word.
Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om gereeld te reis en ongeveer 6 weke per jaar weg van die huis te werk.
» Apply Now